Hillsdale Kollege

Hillsdale Kollege

Leuse:Virtus Tentamine Gaudet
President:Larry P. Arnn
Provoos:Christopher VanOrman
Fakulteite:124 voltyds, 48 adjunk[1]
Ligging:Hillsdale, Michigan, Verenigde State
Kampus:Landelik, 400 akker (84 geboue)[2]
Kleure:Blou en wit         
Die kollege se ingangshek

Hillsdale College is 'n private kollege (universiteit) wat geleë is in Hillsdale, Michigan. Dit is in 1844 gestig deur 'n groep voorstanders van die afskaffing van slawerny wat bekendgestaan het as die "Free Will Baptists". Dit bied 'n vrye kunste kurrikulum aan wat gebaseer is op die Westerse erfenis as 'n produk van beide die Grieks-Romeinse kultuur en die Joods-Christelike tradisie.[3] Hillsdale verwag dat elke student, afsonderlik van die betrokke student se hoofvak(ke), 'n kern-kurrikulum voltooi wat kursusse insluit oor die Groot Boeke, die Grondwet van die Verenigde State, biologie, chemie en fisika.[4]

Hillsdale is reeds sedert die einde van die 20ste eeu deel van 'n klein groepie kolleges in die VSA wat nie enige regeringshulp hoegenaamd ontvang nie, ten einde enige afdwinging van federale regstellende aksie-beleid te vermy. In pleks hiervan is die private kollege geheel en al aangewese op private befondsing. [4]

  1. "College profile". Hillsdale College website. Hillsdale College. Besoek op 2 September 2015.
  2. "College Profile". Hillsdale College website. Hillsdale College. Besoek op 2 September 2015.
  3. "Mission". Hillsdale College. 2 Maart 2016.
  4. 4,0 4,1 Eckholm, Erik (1 Februarie 2017). "In Hillsdale College, a 'Shining City on a Hill' for Conservatives". New York Times. Besoek op 9 Julie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search